Sien julle weer op die plaas in 2021!

Die Groot Plaasproe

Donderdag 14 tot Sondag 17 Oktober 2021

 

Awarded the ROAR award 2017 & 2018

as Best Trade & Consumer Exhibition in Africa 1200m² plus

Die Groot Plaasproe
‘n Plaaservaring soos geen ander!

Die jaarlikse Groot Plaasproe op Sandringham buite Stellenbosch beloof ‘n proe-ervaring van álles wat die plaaslewe bied.

Besoekers kan plaaskos kies en keur, meer as 300 plaasdiere van naby leer ken, unieke kombinasies soos Bok&Bier (boerbokvleis en boetiekbier) ontdek en smul aan gewilde eetgoed soos roosterkoek, wildsvleis, skaapstertjies, plaaslike wyn en gin, Karoolam-sosaties, spesialisbrode en handgemaakte roomys.

Die naweekvermaakprogram sluit in: gratis pas-en-proe-sessies – van wyn tot wildsvleis, optredes deur bekende kunstenaars, danskompetisies saam met 250 lyndansers, kinderaktiwiteite soos ponieritte, stokbrood maak en ‘n troetelkonynskou, asook Die Braai Crew se braaibroodjie- en ander braaikompetisies.

The Groot Plaasproe
A farm experience like no other!

The annual Groot Plaasproe at Sandringham outside Stellenbosch promises a taste experience of everything that farm life offers!

Visitors can enjoy a feast of farm food, get up close with more than 300 farm animals, discover unique combinations such as “Bok & Bier” (Boer goat meat and craft beer) and relish tasty farm food creations such as “roosterkoek”, venison, “skaapstertjies”, local wine and gin, Karoo lamb kebabs, hamburgers, speciality bread and handmade ice cream

The weekend entertainment programme includes free food and wine pairing sessions, live music with popular artists, dance competitions alongside 250 line-dancers, children’s activities such as pony rides, make your own “stokbrood” and  a pet rabbit show, plus the Braai Crew’s “braaibroodjie” and other braai competitions. 

 

Kontak ons | Get in Touch

Agri-Expo by 021 975 4440 of admin@agriexpo.co.za